Wegdraai se Afrikaners

Pieter Vertel:

 
"Ons Afrikanerbeeste se stamboom is so oud soos die Afrikaner self, vanaf 1912. 
 
Ons teelbeleid is 100% suiwer, natuurlik geteelde Afrikaners met horings. Alleen aan die koei se horings kan bepaal word hoeveel kalwers sy gehad het en hoe oud sy is. Die natuur selekteer en ons hou slegs die bestes.
 
Tussen 1940 en 1960 het ek baie mooi, goeie kwaliteit  Afrikanerkoeie van my oupa Hans Theunissen bekom, asook van my pa self. Ons het teelbulle bekom van wyle oom Petrus Erasmus van Pienaarsrivier.
 
In 1973 het ek die Jee Lee stoet van wyle oom Kosie Lee bekom. (Die beeste was reeds voor 1912 al suiwer geteel).  Dit was van die mooiste en suiwerste Afrikaners wat ooit bestaan het. Dié beeste was oorspronklik geteel uit die Kromkuil Stoet van wyle oom Vaal en Rooi Erns van Bljon van Hoopstad.
 
Ons self het sedert 1974 top bulle soos Penkop, Boetman en Penkop Poela, wat uit Doorngspruit Spore geteel is, bekom.  Asook bulle wat deur oom Jan self gebruik is het hy vir my gegee of aan my verkoop om mee te teel. Doornspruit Sonskyn was die eerste Afrikanerkoei, en later ook die bul, Doornspruit Spore wat die Kamer van Mynwese se 1000 Ghinie goue beker kon wen as opperste vleisras kampioen.
 
Later van tyd het ons ook top bulle van wyle oom Attie Geldenhuys gebruik.
Beroemde ou bulle soos Doornspruit Klinker en Hertzog en 2 bulle wat oom Attie later vir my geleen het is met groot sukses gebruik. 
Die laaste 20 jaar teel ons slegs met ons eie bulle."

Wegdraai Boerdery se Afrikaners in Landbou

Wegdraai-Boerdery-Osse-Groep.jpg  Wegdraai-Boerdery-Osse-Voorblad.jpg

Lees gerus meer oor Wegdraai se Afrikaners -  LEES DIE VOLLE ARTIKEL HIER!

 

Teelbulle

Jong Bulle

Koeie en Verse

Osse

Nog meer oor Afrikaners: